Picture
  •   MISSIE

    Die doelwit, strewe en ideaal van die skool is om leerders op te voed en te lei tot maksimale verwesenliking van elkeen se Godgegewe potensiaal.

    Ten einde hierdie doelwit te bereik, word gestreef na die daarstelling van 'n opreg-Christelike lewensbeskouing en die aanvaarding van norme en standaarde wat tot sinvolle en bruikbare volwasse-wording sal lei.  Hoë akademiese standaarde word gestel en sport- en kultuurgeleenthede word geskep ten einde die leerder as totaliteit te laat gedy.

    In die nastreef van hierdie missie word sekere vereistes en verwagtinge gestel aan die leerders, personeel en ouerkorps van die skool.

    Daar word van die leerders verwag dat hulle:
    · sal streef na die verwesenliking van 'n eie Christelike lewensbeskouing en moraliteit;
    · die gesagstruktuur van die skool sal eerbiedig;
    · hoë standaarde van eerlikheid, eerbaarheid, hoflikheid en vriendelikheid sal handhaaf;
    · diensbaarheid aan die skool, gemeenskap en vaderland sal beoefen

    MISSION

    The goal, aim and ideal of the school is to educate learners and to lead them towards maximum fulfilment of their God-given task.

    In order to achieve this goal, the accomplishment of a sincere Christian philosophy of life is strived for and the acceptance of norms and standards which will lead to meaningful and useful adult maturity.   High academic standards are set and sport and cultural opportunities are provided in order to allow the learner to prosper in totality.

    ·  It is expected of the learners that they:
    · will strive for the fulfilment of a personal Christian philosophy of life and morality;
    · will respect the authority of the school;
    · will maintain high standards of honesty, honour, courtesy and friendliness;
    · will be of service to the school, community and country.